Vakansie Rus.


In Augustus staan ons stil by “Rus” as tema in ons nuusbrief (aangeheg) en erediens. Die HAT se definisie van rus is veelvoudig. Dit kan gebruik word as ‘n selfstandige naamwoord wat wissel vanaf “ophouding van beweging” tot “afwesigheid van geraas”. Dit kan gebruik word as ‘n werkwoord wat strek vanaf “geen inspanning en beweging” tot by “leun op iets of iemand”. Op geestelike gebied kom daar nog ‘n dimensie na vore – rus is ‘n geleentheid om stil te word en te bind met God.

Die somer vakansie is ‘n welverdiende rustyd. Die jonges is klaar met die skooljaar en die vakansie bied hulle ‘n geleentheid om buite die roetine van skoolgaan en leer, hulle liggame en 'grys stoffies' op te vars. Elke volwassene het die geleentheid om te ontspan en aandag te gee aan die sake wat werklik belangrik is. Die somer vakansie is die ideale tyd om tot stilstand te kom…afstand te doen van werk en inspanning…te slaap…innerlike en uiterlike vrede te ervaar…ophou kommer…verhoudinge te bou…te herfokus… God te vind en te vertrou.

Abraham het met God verbind in Genesis 17:9 en het die grootste belofte ooit ontvang. Dawid was voortdurend tot God verbind en het ‘n vol lewe gelei. Paulus was tot God verbind na sy bekering en het vrugte gedra wat ons steeds vandag pluk. Mag jy nou in hierdie maand werklik rus. Mag jy vrede vind en jou tot God verbind. Mag jy weet – Sy verbond en beloftes is vir jou. 
  
Geseënde reis en vakansie,
Andrè


Andrè
 
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...