Die Regisseur.


Die regisseur van ‘n film speel ‘n integrale rol in elke aspek van ‘n rolprent om seker te maak alles verloop seepglad. Hy/sy is die een wat die akteurs en span saamstel; die komponente van die film beplan en die uitvoering daarvan oorsien; hy/sy is ook die een wat seker maak die skrywer is gelukkig met die intrige en dat die korrekte boodskap die kyker bereik. Wanneer ek en jy dus na ‘n film kyk word ons genot en waardering daarvan gedeeltelik bepaal deur die oogpunt en stempel van die regisseur.

As Christene het ons ook ‘n regisseur in ons lewens. In Handelinge 2 lees ons hoe Christus se belofte aan die dissipels nagekom word, wanneer die Heilige Gees op hulle uitgestort word, en hulle toegerus word vir die werk wat voorlê. Ons lees verder in die Nuwe Testament hoe die Heilige Gees hulle gelei het, hoe hulle mense genees het, en mense na Christus toe gelei het. Dit is steeds so vir ons vandag. Die Heilige Gees leef en werk in elkeen van ons. Hy wil, soos met die dissipels, deur ons mense aanraak en hulle na Christus lei. 
 
"No matter what you watch, it has an impact. So, why not use this medium to bring great stories to millions of people around the world with the goal of not only entertaining them but inspiring them. That's what motivates me. That's why I get up every day."         
 DeVon Franklin
 

Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...