Die Lens.


Elke goeie film word geskied uit ‘n spesifieke hoek en perspektief en neem sy kykers op ‘n dienooreenkomstige reis. Soms word hulle weggevoer na 'n sprokiesland gevul met kleur en drome. Soms word hulle ingetrek en herinner aan ‘n werklikheid wat soms té naby is vir gemak. En soms word hulle realiteit en werklikheid uitgelig deur die lens van die skrywer en verhaal.

Die lens waarmee ons kyk na ‘n film en die wêreld word deur baie faktore beïnvloed. Die grootste hiervan is ons geloof en agtergrond. In 2 Samuel 12 stuur God die profeet Natan om die magtige Koning Dawid aan te spreek. Die verhaal, aanslag en lens wat Natan gebruik help Dawid om sy eie foute raak te sien, maar dit is sy geloof wat Hom help om dit te erken. Ons Christenskap help ons om te oorweeg, onderskei, vermy en assosieer. 

Ons Christelike geloofslens bepaal hoe ons kyk na alles rondom ons. Dit bepaal ook ons interaksie en optrede. Ek wil jou nooi om hierdie maand saam met ons, jou geloofslens op te sit, en te kom kyk na verskeie films – onder andere die Avengers hierdie erediens. Kom word saam stil en oorweeg dit teen die Woord van God. Wie weet – miskien verras die kamera-hoek jou.

Lekker fliek!
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...