Evalueer jou Geestelike fiksheid.


Wanneer ons oefen is dit baie belangrik om te weet waar om te begin. Begin jy te erg – raak jy moeg of kry jy dalk seer. Begin jy te lig, oefen jy nie werklik nie en sien jy ook nie die nodige resultate nie. 

Dit is belangrik om in ons reis na 'n gesonde geloofslewe (om geestelik fiks te wees), ook te weet ‘waar’ ons is. Daarom gaan ons kortliks kyk na ‘n paar ‘tekens’ van ‘n gesonde geloofslewe. 

Jou verhouding met God is die basis van jou geloof.  Dit is nie ‘n  religieuse verpligting, ritueel, of skuldgevoel nie.  Jou verhouding met Christus is natuurlik en is gemotiveer uit Liefde. (1 Johannes 4:7-18; Hebreërs 10:19-22)

Jou identiteit, sekuriteit en waarde is gesentreer in God en wie jy is in Hom.  Jou eie prestasie is tot  eer van Sy Naam. (1 Tessalonisense 2:1-6; Efesiërs 6:6-7)

Jou geloof word versterk deur die seer, probleme en uitdagings van die lewe, en word nie verswak of vernietig daardeur nie. (1 Petrus 4:12-13; Jakobus 1:2-4)

Jou diensbaarheid aan ander vloei uit jou liefde, kommer en omgee vir hulle, nie om raak gesien te word, of om bedank te word vir wat jy gedoen het nie. Jy bied jou diens en hulp aan met vreugde en plesier, en nie omdat jy ‘moet’ nie. (Efesiërs 2:8-10, 6:6-7; Romeine 12:10)

Jy respekteer en waardeer die unieke verskille en individuele gawes van jou broers en susters in Christus, eerder as om eenvormigheid van mekaar en God te verwag. God het ons elkeen geskape met een doel – om Sy koninkryk te bou – maar elkeen op ons eie manier, volgens Sy wil. (Romeine 12:6, 14; 1 Korintiërs 12:4-31)

Christus het vir Petrus weer geroep, nadat hy Sy Here verloën het.  Maak nie saak waar jy is met jou evaluasie nie. Hy roep jou om steeds om nader aan Hom te groei.

 Andrè
 
 
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...