Jesus se glorieryke Hemelvaart is voorsiening van God

 
Goeie more Ena
 
Terwyl die dissipels gekyk het hoe Jesus in die hemel opgeneem word, moes hulle effe verlore gevoel het. Die Here wat hulle gevolg het, en waarop hulle gehoop het, was nou nie meer by hulle nie.

Tog is hulle enkele dae later met die Heilige Gees vervul. Dit het hulle toegerus en op hul pad geplaas as Apostels. In die Naam van Jesus Christus, gedryf deur die Heilige Gees, het hulle in die bekende en die vreemde die evangelie verkondig, getuig, mense genees en wonders verrig.

Die Here voorsien vandag nog. Deur die Heilige Gees rus Hy ons toe vir maklike en moeilike situasies. In die Naam van Jesus Christus leef ons as Sy gesante van lig en liefde. Tot eer van die Vader getuig ons van Sy genade.

As ons vandag opkyk na die hemel, laat dit nie wees met ‘n gevoel van verlorenheid nie, maar ‘n sekerheid van God se teenwoordigheid in jou lewe.
 
Geseënde Hemelvaart.
Andrè

Selfoon nommer:078 4102 9307

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...