Maniere om te blom. 


Daar is verskeie maniere hoe ons mense kan aanraak in die Naam van Jesus Christus. Ons kan vir òf saam mense bid; ons kan getuig van persoonlike ervarings; of ons kan selfs net deur te glimlag en goeie maniere mense aanraak. Die vraag op baie van ons se lippe is eenvoudig – wanneer die geleentheid homself voordoen, waaroor en hoe kan ek oor God en sy Evangelie getuig.

Die begin is om die Heilige Gees te vertrou om jou te lei in die gesprek. Jy kan praat oor…
+ Die skepping se kompleksiteit en God as die Een wat dit gemaak het; 
+ Die uniekheid van ons as mense en ons verhouding met God;
+ Jesus Christus – wat die persoon(e) weet van Hom en of hulle Hom ken;
+ Hoe God die Vader, Seun en Heilige Gees jou lewe persoonlik aanraak en die rol wat Hy in jou lewe het.

God wil ‘n verhouding met elkeen van sy kinders hê. Die Bybel is vol voorbeelde van mense vir wie God baie lief is – sterk gelowiges, sowel as sondaars wat God ontmoet het en na Hom gedraai het.

Luister na die Heilige Gees en blom waar jy geplant is. 
Andrè


 
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...