Gebed en getuienis



Gebed is ‘n manier om ons self in harmonie met God te hou. Ons bid vir verskeie sake en redes – van lofliedere tot selfs ons laaste uur. Jesus het self ook gebid en gevra dat sy vriende saam met Hom sal waak en bid. Dit is belangrik om op ons eie te bid, en om saam met my gelowige vriende te bid.
 
Dit is belangrik om te bid voor, gedurende, en na ons die Evangelie met mense deel. Ons kan bid vir mense om mee te deel; geleenthede waartydens ons kan deel; vrymoedigheid en moed om te deel; genade en Liefde wanneer ons deel; die korrekte woorde; en dat God mense sal red.
 
Hou aan bid, liefhê en leef – God sal intree, spreek en bekeer volgens Sy plan.
Andrè


E-pos: andre@sagemeente.com

Selfoon nommer:078 4102 9307

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...