Jesus se glorieryke hemelvaart


 
Lukas 24:44-53

Die laaste keer wat die dissipels Christus sou sien, was op die Olyfberg met sy hemelvaart. Daar het Hy aan hulle die opdrag gegee om na al die nasies te gaan. Hulle moes dissipels gaan maak en die “goeie nuus (evangelie)” van vergifnis met almal gaan deel. Hy het beloof om aan hulle die Heilige Gees te gee wat aan hulle die krag sou gee om te werk in sy Naam.

Daarna is Hy opgeneem na die Vader waar hulle bly staar het na die hemel.
 
Ek wonder soms of ons nog na die hemel staan en kyk? Hoor ons nog Christus se opdrag?
 

Gebed
Dankie dat U in my glo en
vir U belofte om die goeie werk
wat u reeds in my begin het,
End uit te sien.
Maak my asseblief ‘n fontein vir U Heer.
‘n Fontein wat vir die mense om my
ook ‘n bron van U lewende water is.

Ons tema vir April is Paasfees, aangeheg is 'n verwante bybelstudie stuk vir jou persoonlike studie.

Geseënde week.
Andrè

(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...