Jesus se triomferende opstanding.
Johannes 20 & 21
36 uur na Jesus Christus se begrafnis was sy graf leeg gevind, behalwe vir die leë verbande wat daar gelê het. Dit was genoeg vir Johannes wat “gesien en geglo” het.
Daarna het Jesus oor ‘n tydperk van 40 dae aan sy vriende verskyn. Dit was nie net ‘n verskynsel nie, maar ‘n fisiese teenwoordigheid, want Hy het saam hulle geëet, hulle kon Hom aanraak, en Hy was gesien en erken deur honderde mense. Tog was Hy eienaardig en kragtelik anders…Hy was die oorwinnaar oor die dood. Hy lewe en het waarlik opgestaan vir elkeen wat in Hom glo!
Hy het ook vir jou opgestaan. Glo dit. Geseënde week.
Andrè
Vorige Briewe
Wysheid oor die grysheid. | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
Winde van verandering. | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|