Jesus se openbarende transformasie


Aan die einde van Jesus se openbare bediening, het hy drie van sy dissipels na die bokant van ‘n berg geneem. Ook hierdie gebeurtenis van Jesus gaan gepaard met gebed. Hy word verheerlik met ‘n hemelse glans, en Moses en Elia verskyn om met Jesus sy komende beproewing en sy in en uittog uit Jerusalem te bespreek. Hierdie twee profete was verteenwoordigend van die Ou Testamentiese, geskrifte en wil aandui dat Jesus die verwagte Messias is en dat God Sy Seun bystaan.

God verskyn in ‘n wolk (soos in Hand 1:9-10) en sê: Dit is my Seun wat Ek uitverkies het. Luister na Hom (9:35). Dit beteken –  Jesus moet gehoorsaam word en sy opdragte uitvoer, veral die oproep in die voorafgaande Lukas9:23-27 – selfverloëning, kruisdra en navolging.
 
Jesus was die lydende Redder wat gestuur is, deur God en erken is deur oud en jonk. Hy kom dien met outoriteit wat gestalte gevind het in selfverloëning, gebed, kruisdra en uitvoering van God se wil.

Ons word opgeroep om in Christus se voetspore te volg. God bevestig aan jou dat Hy jou bystaan en dat jy toegang het tot Hom in gebed.

Hoe gereed is jy om saam met Christus na Golgota te stap?

Ons tema vir Maart is Lydenstyd. Aangeheg is ‘n persoonlike, of groep bybelstudie.
 
Seënwense,
Andrè


(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...