Jesus se sondelose doop.


Matteus 3:13-17 beskryf die doop van Jesus Christus deur sy neef Johannes die Doper. 
Johannes die Doper het mense opgeroep tot die doop as teken van die belydenis van hulle sonde. Jesus was sonder sonde, maar steeds het Hy toegelaat dat Johannes Hom doop. Hoekom? Deur Sy doop het Hy duidelik gemaak dat Hy identifiseer met die sondige mensdom. 

Jesus se doop word beskou as die begin van sy bediening. Sy doop was gekenmerk deur die neerdaling van die Heilige Gees soos ‘n duif en die Vader se woorde van aanvaarding – “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.” (Matt 3:17). Hierdie woorde van die Vader tydens Jesus se doop was ‘n teken van goedkeuring vanaf God vir Jesus se bediening wat sou volg.

Ons tema vir Maart is Lydenstyd. Aangeheg is 'n verwante Bybelstudie stuk. Dit is bedoel vir jou persoonlike- of groep-studie. 

Geseënde week, 
Andrè
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...