Jesus se sondelose doop 



Matteus 3:13-17 beskryf die doop van Jesus Christus deur sy neef Johannes die Doper.
Johannes die Doper het mense opgeroep tot die doop as teken van die belydenis van hulle sonde. Jesus was alhoewel sonder sonde, maar steeds het Hy toegelaat dat Johannes Hom doop. Hoekom? Deur Sy doop het Hy duidelik gemaak dat Hy identifiseer met die sondige mensdom.

Jesus se doop word beskou as die begin van sy bediening. Sy doop was gekenmerk deur die neerdaling van die Heilige Gees soos ‘n duif, en die Vader se woorde van aanvaarding – “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.” (Matt 3:17). Hierdie woorde van die Vader tydens Jesus se doop was ‘n teken van goedkeuring vanaf God vir Jesus se bediening wat sou volg.
 
Geseënde week,
Andrè
 


(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...