Die Seun van God se lyding.



Die Seun van God se lyding het gestalte gevind deur sy menswording. Jesus was gebore tydens die regering van die Romeinse Keiser Augustus. Hy was gebore as 'n Hebreeuse seun in 'n eenvoudige en arm familie tydens 'n vreemde Romeinse sensus. Hy was gebore met onmiddelike gevaar vir sy lewe - Koning Herodus het hom laat soek om hom om die lewe te bring.

Hierdie aspek van Jesus se lewe was alreeds 'n aanduiding van die moeilike lewenspad wat vir Hom sou voorlê. Jesus, as die Seun van God, het afstand gedoen van sy hemelse heerskappy. Sy lyding was deel van sy menslike bestaan van sy geboorte af.

Lukas 2:1-7

Geseënde week, 
Andre
 


(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...