God se wil is 'n verhouding



Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.  (Kolossense 1:15)
 
Professor Stefan Joubert skryf dat ons groot geword het met die idee dat God se wil meestal met ons eie doen en late verband hou. Kerklikes vra baie keer die vraag: Wat is God se wil vir my lewe? So word dit dan as maatstaf gebruik om die regte huweliksmaat of beroep te kies. Ook het mense al baie gewonder watter siekte of teenspoed binne God se wil val, en so aan. Die lank en die kort is dat gelowiges later gedink het God se wil gaan net oor die krisis en kritiese besluite in ons lewens.

Die Bybel leer ons egter dat God se wil meer is as ‘n kritiese indikator by die vurk(e) in ons lewenspad. God se wil het met Jesus en ‘n daaglikse verhouding met Hom te make. Jesus staan sentraal in God se wil. Wanneer ek in ‘n geloofsverhouding met Hom staan, is ek binne God se wil, of ek nou links of regs draai by die vurk in die pad. As ek Jesus daagliks as Here volg, leef ek in God se wil, afgesien of dit goed of sleg gaan in my lewe.

Ons persoonlike keuses of omstandighede is nie outomatiese aanduidings of ek buite/binne God se wil staan nie. Ons moenie God se wil af gradeer om daagliks in ons eie wil te voorsien nie. Ons moet eerder by Jesus inval en in ‘n daagslikse verhouding met Hom leef. Daar gebeur God se wil.

Ons Tema vir Februarie is verhoudings, aangeheg is 'n verwante bybelstudie stuk, vir jou persoonlike of groep studie.
 
Seënwense,
Andrè
 


(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...