God se wil is 'n verhouding.


Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.  (Kolossense 1:15)

Professor Stefan Joubert skryf dat ons groot geword het met die die idee dat God se wil meestal met ons eie doen en late verband hou. Kerklikes vra baie keer die vraag: Wat is God se wil vir my lewe? So word dit dan as maatstaf gebruik om die regte huweliksmaat of beroep te kies. Ook het mense al baie gewonder watter siekte of teenspoed binne God se wil val, en so aan. Die lank en die kort is dat gelowiges later gedink het God se wil gaan net oor die krisis en kritiese besluite in ons lewens. 

Die Bybel leer ons egter dat God se wil meer is as ‘n kritiese indikator by die vurk(e) in ons lewenspad. God se wil het met Jesus en ‘n daaglikse verhouding met Hom te make. Jesus staan sentraal in God se wil. Wanneer ek in ‘n geloofsverhouding met Hom staan, is ek binne God se wil, of ek nou links of regs draai by die vurk in die pad. As ek Jesus daagliks as Here volg, leef ek in God se wil, afgesien of dit goed of sleg gaan in my lewe.

Ons persoonlike keuses of omstandighede is nie outomatiese aanduidings of ek buite/binne God se wil staan nie. Ons moenie God se wil af gradeer om daagliks in ons eie wil te voorsien nie. Ons moet eerder by Jesus inval en in ‘n daagslikse verhouding met Hom leef. Daar gebeur God se wil.

Ons tema vir Februarie is Verhoudings. Aangeheg is 'n verwante Bybelstudie stuk. Dit is bedoel vir jou persoonlike- of groep-studie.

Seënwense, 
Andrè


 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...