Betekenis van liefde



Vandag is Valentynsdag en die lirieke van die verlede klink in ons ore of geheue – 
Love is in the air, everywhere I look around
Love is in the air, every sight and every sound
And I don't know if I'm being foolish
Don't know if I'm being wise…

In ons jeug was die ervaring van liefde so intens, dit het alles oorweldig en deurtrek. In ons volwassenheid het die klem verskuif vanaf being foolish na being wise. Die vraag is alhoewel – waarop is ons liefdes-wysheid gebou?
 
1 Korintiërs 13 eindig met die woorde : geloof, hoop en liefde bly…en die grootste hiervan is die liefde! Paulus verduidelik dat ons in verhoudings glo in mekaar se potensiaal; ons hoop dat my geliefde dit sal bereik; en ek doen dit uit my liefde vir die ander. Na alles bereik en behaal is, sal die geloof en die hoop voltooi wees, maar die liefde bly staan. So is ons liefde vir ons vriende, familie; ons kinders; my man of vrou. So is God se liefde ook vir jou.
 
Aangeheg is die Bybelstudie vir die week

Geseënde Valentynsdag,
Andrè



(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...