Kerklike gemeenskap



Die vroeë kerk is al verskeie kere beskryf as revolusionêr.  Dit was nie omdat die kerk slawe in opstand gebring het teen hul meesters nie, maar eerder omdat Christus se leringe die uitkyk van die gemeenskap(pe) hervorm het. Die kerk het ware bevryding in Christus se verlossing na alle mense toe gebring.

Mense wat verdeel was deur sosiale status, godsdienstige agtergronde en taal het broers en susters in God se huishouding geword. Die apostels het mense geleer dat weduwees belangrik is in God se familie; dat siekes waardig is om voor gebid te word; dat hongeres gevoed moet word; en dat verlorenes in die huis van God welkom is.

Dit is vandag jou en my taak om God se gemeenskap te vul met waardevolle verhoudings. Die riglyne daarvoor vind ons in God se Woord. Jesus het telkens vir ons geleer wat die waarde van ‘n ware gemeenskap is, en die apostels se briewe het dit in detail vir ons kom uitlê. Nou is dit ons taak om, deur die Gees van God, sy liefde te leef.
(1 Timoteus 2:1-2 & 5:1-2; Kollosense 3:11; Jakobus 1:27)

Aangeheg is die Maandelikse nuusbrief vir Loughton, 

Seënwense, 
Andrè



(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...