Kerkwees.


Aan die begin van ‘n Nuwe Jaar is ons opgewonde oor alles wat voorlê en die moontlikhede wat die ‘onbekende’ kan bring. Die bekende skenk  vir ons ‘n ‘fondasie’ vir die  ‘onbekende’  waarop ons reken om die nuwe toekoms aan te pak. So is dit ook met die Kerk en ons Gemeente.

In 2019 staan die Kerk voor meer uitdagings as ooit te vore. Ons gemeente is saam  Op reis agter God aan, omring deur ons geloofsfamilie wat ons bystaan en versterk. In Matteus 18:20 sê Jesus vir ons: "Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”  Dit is die fondasie van sekerheid wat ons elkeen moet gebruik om hierdie jaar aan te pak! Wat ookal die toekoms bring – God is Immanuel – Hy is met ons!

Ek is opgewonde oor wat die toekoms vir ons Gemeente inhou. Ek is seker oor die toekoms van die Kerk. Hoekom?  Omdat ek seker is van Wie in beheer is van my, my familie en my kerk.  Voorspoed vir 2019! Mag God jou hand, lewe en familie versterk!

 Seënwense, 
Andrè

 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...