kersfees- Leer ons Kinders.

Wat verstaan ek en jy, en veral ons kinders van Kersfees?

Kersfees is ‘n wonderlike tyd van die jaar, gevul met wonders en opwinding! Van die krip in die stal en advent kalenders, tot die ‘elf on the shelf’ en Kersvader, is daar soveel  idees, gedagtes en geleenthede om kinders en mekaar aan te raak – dit is oorweldigend. Daar is ook soveel tradisies – kulturele en familie tradisies – dat dit soms maklik is om verlore te voel en te raak. 

Dit is daarom essensieel om anders na Kersfees te kyk en te vra: Wat sien mense by my tydens die Kerstyd? Wat sien en leer my kinders van die betekenis van Kersfees deur wat ons doen en sê?

Die ware betekenis van Kersfees het my uitkyk aangevul. Dit gee ons insig om deur die simbole by die kern van Kersfees uit te kom. 

Geseënde Advent en Kerstyd!
Mag jy voortdurend leer en ander inspireer!
Andrè


(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...