November maand


 
November maand het ons oorval soos die koue weer – onverwags te midde van die realiteit daarvan. Ons is nou in die pylvak van 2018. Die jaar is besig om uit te loop en ons kan nie tyd stop nie. Ons moet vertroue hê daarin dat ons voorbereiding en harde werk deur die afgelope jaar, 2018 op ‘n goeie noot sal laat eindig. Alhoewel meeste van ons voel asof ons wil rustiger word, is die realiteit ‘n besiger, meer gefokusde en stresvoller tyd.
 
‘n Ander perspektief en realiteit skuil in die soms ‘ongesiene wêreld’ rondom ons. Die môrestond het werklik goud in die mond; die kristal-wit ryp op die gras en plante verhelder die grys donkerte in die oggend son; die mikroskopiese waterpartikels wat in die lug rond sweef verbreek die vroeë son se strale in sporadiese reënboog kleure. Die koue bring ons gesinne nader aan mekaar; mans en vrouens hou weer hande vas; kinders kom soek hitte in drukkies van liefde.
 
Dit alles laat my stop…en dink. In die pylvak van 2018 en Kersfees, waarmee is ons besig? God se genade is genoeg vir ons; God se liefde teenoor ons; God se reddingsplan sluit ons in. God is besig met jou! Sy hand is by, om en onder jou. Glo en vertrou in Hom.
 
Aangeheg is ons nuusbrief vir November. Daar is opwindende nuus oor aktiwiteite wat reeds plaas gevind het, of inligting oor aktiwiteite wat in die volgende maand gaan plaasvind. Elke gesin sal 'n gedrukte kopie van die Advent Aktiwiteite by die Kerssangdiens  ontvang.
 
Geseënde week
 
Andrè Harmzen
(mobile) +44 7841 029307 
(home) +44 1992 813 895
andre@sagemeente.com

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...