Pylvak van 2018


November maand het ons oorval soos die koue weer – onverwags te midde van die realiteit daarvan. Ons is nou in die pylvak van 2018. Die jaar is besig om uit te loop en ons kan nie tyd stop nie. Ons moet vertroue hê dat ons voorbereiding en harde werk deur die afgelope jaar, 2018 op ‘n goeie noot sal laat eindig. Alhoewel meeste van ons voel asof ons wil rustiger word, is die realiteit ‘n besiger, meer gefokusde en stresvoller tyd.

‘n Ander perspektief en realiteit skuil in die soms ‘ongesiene wêreld’ rondom ons. Die môrestond het werklik goud in die mond; die kristal-wit ryp op die gras en plante verhelder die grys donkerte in die oggend son; die mikroskopiese waterpartikels wat in die lug rond sweef verbreek die vroeë son se strale in sporadiese reënboog kleure. Die koue bring ons gesinne nader aan mekaar; mans en vrouens hou weer hande vas; kinders kom soek hitte in drukkies van liefde.

Dit alles laat my stop…en dink. In die pylvak van 2018 en Kersfees, waarmee is ons besig? God se genade is genoeg vir ons; God se liefde teenoor ons; God se reddingsplan sluit ons in. God is besig met jou! Sy hand is by, om en onder jou. Glo en vertrou in Hom.

Aangeheg is ons nuusbrief vir November. Daar is opwindende nuus oor aktiwiteite wat reeds plaas gevind het, of inligting oor aktiwiteite wat in die volgende maand gaan plaasvind. Elke gesin sal 'n gedrukte kopie van die Advent Aktiwiteite by die Kerssangdiens  ontvang. 

Geseënde week en sien jou by die erediens!
Andrè


 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...