Barmhartigheid met 'n "W"


 
Die saak wat my die meeste tref in die verhaal van die Barmhartige Samaritaan (Lukas 10:25-37) is die deernis waarmee die Samaritaan die beseerde Jood help. Alhoewel hulle volke mekaar nie kon verdra nie, kyk hierdie Samaritaan verby rusie, nasie, volk, kleur en geloof sieninge. Hy sien die mense – die skepsel van God – raak. Hy sien sy nood raak, so asof hy sy pyn en seer kan voel en deel. Die einde van die verhaal maak elke keer my hart warm, wanneer die Jood aansterk in die herberg en die Samaritaan genoeg voorsien vir die Jood om ten volle te herstel.
 
Is dit nie wat met ons gebeur wanneer ons na Jesus se lewe kyk nie? Voel ons nie ook sy pyn en seer wanneer mense Hom veroordeel, verwerp en kruisig nie?  Maak Sy liefde, kruisdood en nagmaal nie ook ons harte warm nie?

Barmhartigheid kan ons ook met ‘n “W” spel – Warmhartigheid ! 
 
Gebed: Vader, of dit vandag ganse, babagansies of mense is, help my om rem te trap en te help waar ek kan.  Amen (Scott Walker)
 
Seënwense,
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...