Omgee.


Die Barmhartige Samaritaan (Lukas 10:25-37) is een van die bekendste gedeeltes in die Nuwe Testament. Jesus vertel die verhaal van ‘n man wat aangeval en vir dood gelaat word. Die mense naaste aan hom draai ‘n blinde oog vir sy nood. Die persoon van wie ons dit die minste verwag, sien sy seer en pyn raak en help hom meer as wat ooit verwag kon word. Jesus vertel die verhaal aan elkeen wat Hom volg.

Om mense en hul nood, in watter vorm ook al (fisies, psigies en emosioneel),  raak te sien is nie altyd so moeilik nie. Om te reageer op dit wat jy sien, dink en voel is die uitdaging. Dit neem moed en durf om soms net oog-kontak te maak; te glimlag; iemand onbekend te groet; of iemand te help in hulle donkerste uur. Dit neem deernis om te luister en volgens die behoefte van die persoon(e) in nood die regte hulp vir hulle te kry. Dit neem egter ook eerlikheid en erkenning om hulp te aanvaar wanneer jy dit benodig.

Gaan uit na die wêreld, na hulle wat bekend en onbekend is, en gee om in die naam van Jesus.

Seënwense,
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...