Omgee


 
Die Barmhartige Samaritaan (Lukas 10:25-37) is een van die bekendste gedeeltes in die Nuwe Testament. Jesus vertel die verhaal van ‘n man wat aangeval en vir dood gelaat is. Die mense naaste aan hom draai ‘n blinde oog vir sy nood. Die persoon van wie ons dit die minste verwag, sien sy seer en pyn raak en help hom meer as wat ooit verwag kon word. Jesus vertel die verhaal aan elkeen wat Hom volg.
 
Om mense en hul nood, in watter vorm ookal (fisies, psigies en emosioneel),  raak te sien is nie altyd so moeilik nie. Om te reageer op dit wat jy sien, dink en voel is die uitdaging. Dit neem moed en durf om soms net oog-kontak te maak; te glimlag; iemand vreemds te groet; of iemand te help in hulle donkerste uur. Dit neem deernis om te luister en volgens die behoefte van die persoon(e) in nood die regte hulp vir hulle te kry. Dit neem egter ook eerlikheid en erkenning om hulp te aanvaar wanneer jy dit benodig.
 
Gaan uit na die wêreld, na hulle wat bekend en onbekend is, en gee om in die naam van Jesus.
 
Seënwense,
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...