Dankbaarheid en nuwe begin.


Oktober is ‘n wonderlike maand! In Suider Afrika is dit lente en is nuwe lewe besig om die wêreld te vul met groen, kleur en geur. In die Noordelike halfrond is dit herfs en word ons wêreld gevul met verduisterende kleure en die aanvaarding van die winter se koel vars lug. 

1 Tessalonisense 5:16-28 roep elke gelowige op – wees bly en danbaar; bid gedurig en vertrou die Heilige Gees; ken God en toets alles aan Sy wil; behou die goeie. Wat ookal die somer gebeur het; of wat ookal in hierdie winter gaan gebeur – Tessalonisense roep ons op om ons lewe in geloof te leef. So sal ons altyd iets vind om teenoor God dankbaar te wees.

Oktober is op vele vlakke ‘n nuwe begin. Vind aangeheg ons nuwe maandelikse nuusbrief oor verskeie sake wat in die gemeente gebeur het en gaan gebeur. Geniet dit!

Seënwense,
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...