'n Ons Vader Gebed


Deel van ons geloofsuitdaging is om ons geloof te verwoord. Aan die eenkant om te verwoord wat ek glo sodat ander kan verstaan wat ek oortuig is van. Aan die anderkant om my oortuigings te verwoord sodat ander kan assosieer, leer en deel hê daaraan. 
 
Dit is my gebed dat jou artikulering opreg verteenwoordigend en ‘n lewende getuienis sal wees. 
 
‘n Ons Vader-gebed (outeur onbekend)

"Ons Vader, wat nêrens woon nie en oral bly
Laat u Naam wyd en gewyd bly, hoe dit ook sy
Laat u ryk ons kom en gaan bepaal
U nuwe wêreld ons stukkie vir stukkie kom haal
Soos in die hemel, so ook op die aarde.
Leer ons om ‘n dag op ‘n slag te leef
En vergewe ons as ons die punt mis, nes ons ander vergewe
wat ook die punt mis.
Laat ons soeke nie in versoekings ontaard nie
En ons vind nie dié van die Bose wees nie
Want niks is soos U IS nie
En U is al en alles in ons wat IS
U IS en IS en IS
Vir ewig en ewig
AMEN."
 
 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...