Waarde van Tug.


“Buig die boompie terwyl hy nog jonk is” is sekerlik een van die bekendste Afrikaanse uitdrukkings. Dit is iets waarmee ons elkeen groot geword het. Soms het dit gelei tot lang trane en soms selfs tot rusie en baie seer.

In Hebreërs 12:7-13 lees ons van die tug waaraan gelowige kinders (volwassenes ook) onderworpe is. Die positiewe aspekte van tug word in die teks uit gelig en daar word genoem dat selfs God sy kinders tug. Die versterking en begeleiding wat liefdevolle tug tot gevolg het, se waarde kan nie onderskat word nie. 

Ds HA Retief skryf dat God se liefdesgebod die hart is van Hebreërs 12 se boodskap. Die bedoeling van die tug is nie om te vervreem nie, maar om terug te bring, te lei sodat ons naaste kan triomfeer tot eer van Sy Naam! 

Tugtiging is meestal gerig tot hulle vir wie ons lief is en ons familie wat naaste aan ons leef. Daar is verskeie vorms wat tugtiging kan aanneem - of dit ‘n broederlike gesprek, vermaning, of ‘n kinderlike teregswysing is,  God se helende liefdes-opdrag moet  deur ons optrede weerklink – jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ons woorde en optrede moet salf wees om verwondes te verpleeg, te versterk, en op te bou.
 
 Leef God se liefde! 
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...