Waarde van familie.


Die Bybel leer ons baie oor familie, veral dat dit uiters belangrik is. ‘n Swak en geteisterde familie naam het nie baie beteken nie, en het gevolglik baie min geleentheid gebied vir diegene wat daavan deelgevorm het. ‘n Goeie en sterk familie naam het weer baie beteken en vir die nasate daarvan deure oopgemaak met eer, aansien en selfs vrees. Binne elke familie se geskiedenis is daar een of twee individue wat die ‘normale’ teenstaan en ‘n wending aanbring in hulle familie geskiedenis. Die verhale in die Bybel is deurweef met mense wat tussen hierdie twee uiterste familie-pole hulle lewenspad uitkerf.   

Die boodskap van die Bybel is egter groter as die naam en bloed waaraan jy verbind word deur jou geboorte. Jesus noem sy dissipels sy broers (Matteus 28:10). Deur God se genade is ons deel van Sy familie deur geloof. Daarom kan ons God ons Vader noem. Ons noem Jesus ons Heer. Ons noem die Heilige Gees ons vertrooster en versterker. So is die kerk God se liggaam en die gemeenskap van gelowiges. Ons gemeente is ‘n familie – ‘n geloofsfamilie. Ons geloofsfamilie word geken aan die liefde van God wat deur ons leef. Ons elkeen het ‘n rol te speel om God se familie te laat groei. 

Sondag het ons twee mense gegroet wat ‘n baie belangrike rol gespeel het in ons gemeente se reis – Jan en Ella Bisschoff. Hulle het ons gemeente ondersteun en help stuur wanneer dit die nodigste was. Ons is dankbaar vir hulle en God se genade in die rol wat hulle gespeel het. Al ons liefde en voorspoed vergesel hulle op hulle pad vorentoe.

 Seënwense, 
Andrè
 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...