Rolmodelle

 
Dawid staan bekend as ‘n man na God se hart (1 Sam 13: 14). Daarom word hy dikwels as ‘n rolmodel voorgehou.
 
Dawid was inderdaad ‘n uitstekende leier wat ‘n groep familie stamme tot ‘n koninkryk saamgebind het. Hy was ‘n unieke en uitstekende militêre strateeg en het die grense van Israel se grondgebied uitgebou tot ‘n ryk waarmee rekening gehou moes word. Hy het tradisies hoog geag, maar terselfdertyd die uitdagings van die tyd aanvaar. Hy het geluister na die vermanings van profete en priesters.

Dawid het baie foute en gebreke gehad. Hy het baie bloed laat vloei. Sy owerspel met Bathsheba en Urija se moord sou die doodstraf kon verdien. As vader was hy dikwels nie instaat om met sy kinders te kommunikeer en hulle te beheer nie.  Hierdie voorbeeld van Dawid moet egter verwerp word.
 
Dawid se lofwaardigheid as voorbeeld spruit veral uit die feit dat hy aan God vashou in voorspoed en teëspoed. As hy sukses behaal het, het hy aan God die eer gegee. Wanneer hy gesondig het, het hy sy skuld voor God erken en bely. Dit maak van Dawid ‘n voorbeeld
 
Ons erken iets van onsself in Dawid. Hy is nie altyd ‘n voorbeeld vir ons nie, maar ‘n voorbeeld van ons. Erken en bely God in elke situasie waarin jy jouself bevind! …Word ‘n dienaar na God se hart.                                                                                                                                                                                                                                      (gedeeltelike erkenning aan Ds E Verhage) 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...