Waarom?


In 1 Samuel 1:1-8 lees ons van Elkana wat twee vrouens gehad het, Hanna en Penina. Hanna was kinderloos en het pyn en vernedering ervaar daaroor. Dit was ‘n vrou se eer om kinders aan haar man te gee. Kinders het status aan ouers gegee en daarin was die gerustelling dat hulle op ‘n hoë ouderdom deur die kinders versorg sal word. Waarom het God toegelaat dat Hanna leed verduur? Waarom het Hy haar gestraf en toegelaat dat sy gespot en verneder word?
 
Soms leef dieselfde vrae in ons, veral wanneer gebeure en lewensomstandighede minder gunstig uitwerk en ons slegte tye beleef. Dit is moeilik om te verstaan en te verwerk wanneer ons God se leiding en krag vra, maar alles oënskynlik skeef loop. Waarom sal God my man, vrou of kind laat siek word en sterf?
 
Uit die verhaal van Hanna blyk dit dat God nie ‘nee’ gesê het nie. Deur die geskiedkundige reis en verhale van 1 en 2 Samuel is dit duidelik dat God se tyd ‘anders’ is. Dit help nie om rebels, waarom te roep nie. Dit is beter om naby die Here te leef en blydend op Hom te wag.
 
Seënwense,
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...