Toets God ons geloof?


In Genesis 22 sê God vir Abraham: Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy lief het, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer. Abraham moes kies tussen God se opdrag en sy geliefde seun Isak. 

Die aard van ‘n toets is om te bepaal waartoe iemand werklik in staat is. God toets vir Abraham om te sien: Is Abraham se geloof regtig eg? Dit laat ons met die vraag: Is jou geloof werklik eg? 

Die grootste verskil tussen Abraham en ons is God se verhouding met sy kinders wat geherdefinieer is deur Jesus Christus. Jesus leer ons dat ons nie deur onsself en ons dade gered kan word nie, maar slegs deur geloof. Die egtheid van ons geloof word bepaal deur ons aanvaarding van God se liefde en genade.

Geseënde week!
Andrè


 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...