Skedule-geloof?


 Hoeveel keer probeer ons ‘n kuier met vriende en familie reël waar ons eers maande later ‘n ‘oop datum’ kry? Die redes vir ons ‘besig-wees’ wissel en strek van werk en travel tot sport en kinders se ‘verpligtinge. Ons daaglikse, weeklikse en maandelikse programme is deesdae propvol. Dit maak ons meeste van die tyd ongeduldig.

Die Here se "tydskedules" lyk nooit soos ons programme nie. Ons is selfs soms ongeduldig met God as dinge nie vorder soos ons beplan het nie. En tog was die Here nog nooit laat nie.
Die Prediker sê in hoofstuk 3: “Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd… God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie.”
 
Ons moet die deurleefde wyse waarop God jou na Hom toe lei aanvaar. Daar bestaan eenvoudig nie iets soos "tien maklike stappe tot geloofsvolwassenheid" nie. Daarom gebruik die Here die lewe om jou voor te berei op die ewige heerlikheid wat op jou wag.

Dit is nie atyd ‘n (ge-)maklik pad nie. Dit kan selfs ’n moeisame weg wees wat dalk meer dikwels op die randjie van twyfel en ongeloof langs kan loop as wat dit egalig voortsnel na ons eindbestemming toe. Maar dié wat volhard, is begenadig en sal die volheid van geloof smaak.
 
As ons weer en weer oor ’n aangeleentheid na aan ons hart bid, moet ons besef die Here hoor en het ook daarmee sy tyd. Dis opstandig om dan te sê die Here luister nie. Dit is nie so nie. Wanneer Habakuk ongeduldig raak met die Here, sê die Here vir Habakuk: Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie (Hab 2: 3).

                                                                           (gedeeltelike erkenning aan Ds Buddie Dupper)
Seënwense,
Andrè

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...