Skedule-geloof.


Hoeveel keer probeer ons ‘n kuier met vriende en familie reël waar ons eers maande later ‘n ‘oop datum’ kry? Die redes vir ons ‘besig-wees’ wissel en strek van werk en reis tot sport en kinders se ‘verpligtinge. Ons daaglikse, weeklikse en maandelikse programme is deesdae propvol. Dit maak ons meeste van die tyd ongeduldig.

Die Here se "tydskedules" lyk nooit soos ons programme nie. Ons is selfs soms ongeduldig met God, as dinge nie vorder soos ons beplan het nie. En tog was die Here nog nooit laat nie. 
Die Prediker sê in hoofstuk 3: “Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd… God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie.”

Ons moet die deurleefde wyse waarop God jou na Hom toe lei aanvaar. Daar bestaan eenvoudig nie iets soos "tien maklike stappe tot geloofsvolwassenheid" nie. Daarom gebruik die Here die lewe om jou voor te berei op die ewige heerlikheid wat op jou wag. 
Dit is nie atyd ‘n (ge-)maklik pad nie. Dit kan selfs ’n moeisame weg wees wat dalk meer dikwels op die randjie van twyfel en ongeloof langs kan loop as wat dit egalig voortsnel na ons eindbestemming toe. Maar dié wat volhard, is begenadig en sal die volheid van geloof smaak.

As ons weer en weer oor ’n aangeleentheid na aan ons hart bid, moet ons besef die Here hoor en het ook daarmee sy tyd. Dis opstandig om dan te sê die Here luister nie. Dit is nie so nie. Wanneer Habakuk ongeduldig raak met die Here, sê die Here vir Habakuk: Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie (Hab 2: 3).
(gedeeltelike erkenning aan Ds Buddie Dupper)
                  
Seënwense, 
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...