Kits- Geloof?


Ons leef in ’n tyd waar almal na kitsoplossings soek. Kitskos, kitssportbyeenkomste, kortpaaie. Ongelukkig werk nie alles met kitsresepte nie. Een gesprek gaan nie noodwendig my huweliksprobleem van 15 jaar oplos nie. Een dag seminaar kan nie werklik my tekortkominge laat verdwyn en my volkome maak nie. Een goeie daad by die huis of die werk, vervang nie alles wat voorheen afgespeel het nie.

Die realiteit is dat min dinge met werklike waarde oornag ontwikkel. Daar is geen kortpad na rypheid nie. Dit neem ‘n boom jare om sy eerste vrugte te dra. Dit neem ‘n volle seisoen vir ‘n boom om sappige vrugte te gee. Dit neem ‘n leeftyd vir dieselfde boom om ‘n baken van herinneringe te word. Daar is geen kortpad na volwassenheid nie. Geen mens word volwasse gebore nie. Dit neem ’n hele klomp jare om volwassenheid te bereik. 

So is dit ook met geloof. Daar is nie kortpaaie na ‘n lewende verhouding  met God nie. Filippense 1: 6 verduidelik: Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. (Kyk ook Ef 4: 13.) Dus geloofsvolwassenheid neem tyd, oorgawe en deelname om ewigdurende waarde te dra.

Miskien is jy nog nie by die bestemming waar jy wou wees nie. Tog is jy nie waar jy was nie. God is nog lank nie klaar met jou op die pad wat na jou heil lei nie. Hou moed en hou vas aan Sy Vaderhand!
(gedeeltelike erkenning aan Ds Buddie Dupper)

                  
Seënwense, 
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...