Die Onse Vader verduidelik


 Vandag is ons eerste ‘dagstuk’ in Junie. 2018 is alreeds halfpad en daar is nog soveel opwindende dinge wat voorlê.
 
Baie dankie vir elkeen wat in hierdie eerste helfte van die jaar gebak, gehelp en gewerk het. Baie dankie vir elkeen wat onderrig, opgevoed en ondersteun het. Baie dankie vir elkeen se betrokkenheid, entoesiasme, geduld en liefde.
Die afgelope naweek se Makietie was besonders. Dit was ‘n geleentheid waar ons kon stilstaan (of sit) en verhoudings kon bou; ietsie lekkers eet en drink; kyk hoe die kinders lag en baljaar; en God dank vir sy goedheid en seën.
 
In Levitikus 19:2 gee God aan ons ‘n opdrag: gaan wees heilig soos God heilig is. God roep ons op om daagliks, weekliks en jaarliks te gaan leef soos Hy vra - gevul met sy Heilige Gees in alles wat ons doen en in elke verhouding waaraan ons deel het. God gee die opdrag aan jou om sy liefde te deel aan elkeen.
 
Komende Sondag gaan ons God saam loof en prys. Na die diens gaan ons lekker saam braai en eet, terwyl ons kyk hoe die kinders baljaar in die tuin en op die springkasteel. Nooi jou vriend(e) om te kom deel wees van hierdie lekker sosiale geleentheid. So deel ons God se liefde en versterk ons sy gemeente.
 
Seënwense,
André

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...