Onse Vader- Verduidelik.


Wat beteken die derde bede – Laat U wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel? (Heidelbergse Kategismes vraag & antwoord 124)

Daar is ‘n noue verband tussen die arbeid en ampte waartoe hemelse- en aardse wesens geroepe is. Elkeen het ‘n roeping en het ‘n verskeidenheid gawes ontvang om daardie roeping uit te leef. Elkeen ontvang die werk en verantwoordelikheid waarvoor hy/sy geskik is. 
Laat U wil geskied…is die dryfveer vir ons arbeid – dis ons verantwoordelikheid om die evangelie uit te bou deur ons doen en late. Dit beteken om van die eie-ek ontslae te raak en alles te doen tot God se eer. So kry my gawes sin en is ek die beste boer, onderwyser, sekretaresse, bankier, dokter, tandarts, ingenieur, bestuurder, CEO, vader, moeder of kind vir God. Ons werk in hierdie wêreld sodat ons, ons gesin met geloof en eer kan onderhou. Net soos in die hemel…die hemelse harmonie dien as voorbeeld en motivering vir ons gebed en werk.

Wat beteken die vierde bede – Gee ons vandag ons daaglikse brood? (HK v&a 125)

Ek erken dat God die Bron is uit wie alles en almal is. Hy alleen kan my versorg. Ek leef en is totaal afhanklik van Hom. Wanneer God elke dag in Sy genade my brood voorsien, moet ek dit tot eer en verheerliking van Sy naam gebruik. God sal ons met alles versorg wat ons nodig het, byvoorbeeld: gesondheid, werksgeleentheid, bewaring, vertroosting, rus, vrede, ekonomiese strukture, die owerheid, reën, ensovoorts. Ek gee my aan Sy sorg oor, want in U hande is ek veilig. 

Al sou ek dus daagliks met my eie besigheid, boerdery of beroep besig wees, erken ek as gelowige dat ook dit ‘n gawe van God is. Alleen deur die seën van God oor my vaardighede en ywer behaal my arbeid welslae en Goddelike sin.

Seënwense, 
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...