Die Onse Vader verduidelik


 
Wat beteken die derde bede – Laat U wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel? (Heidelbergse Kategismes vraag & antwoord 124)

Daar is ‘n noue verband tussen die arbeid en ampte waartoe hemelse- en aardse wesens geroepe is. Elkeen het ‘n roeping en het ‘n verskeidenheid gawes ontvang om daardie roeping uit te leef. Elkeen ontvang die werk en verantwoordelikheid waarvoor hy/sy geskik is.

Laat U wil geskied…is die dryfveer vir ons arbeid – dis ons verantwoordelikheid om die evangelie uit te bou deur ons doen en late. Dit beteken om van die eie-ek ontslae te raak en alles te doen tot God se eer. So kry my gawes sin en is ek die beste boer, onderwyser, sekretaresse, bankier, dokter, tandarts, ingenieur, bestuurder, CEO, vader, moeder of kind vir God. Ons werk in hierdie wêreld sodat ons ons gesin met geloof en eer kan onderhou. Net soos in die hemel…die hemelse harmonie dien as voorbeeld en motivering vir ons gebed en werk.
 
Wat beteken die vierde bede – Gee ons vandag ons daaglikse brood? (HK v&a 125)
Ek erken dat God die Bron is uit wie alles en almal is. Hy alleen kan my versorg. Ek leef en is totaal afhanklik van Hom. Wanneer God elke dag in Sy genade my brood voorsien, moet ek dit tot eer en verheerliking van Sy naam gebruik. God sal ons met alles versorg wat ons nodig het, byvoorbeeld: gesondheid, werksgeleentheid, bewaring, vertroosting, rus, vrede, ekonomiese strukture, die owerheid, reën, ensovoorts. Ek gee my aan Sy sorg oor, want in U hande is ek veilig.

Al sou ek dus daagliks met my eie besigheid, boerdery of beroep besig wees, erken ek as gelowige dat ook dit ‘n gawe van God is. Alleen deur die seën van God oor my vaardighede en ywer behaal my arbeid welslae en Goddelike sin.
 
Seënwense,
Andrè

                                                           

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...