Die Onse Vader verduidelik

 
 
Wat beteken die eerste bede – Laat U Naam geheilig word? (Heidelbergse Kategismes vraag & antwoord 122)
Die Here se Naam staan sentraal. God se heiligheid sluit sy Naam en Wese is in. Die woord heilig beteken om ‘af te sonder’. God alleen moet geroem en geprys word, omdat Hy Hom aan ons bekend gemaak het as die enigste God wat met ons en hierdie wêreld besig is – Hy het sélf aan die kruis geopenbaar dat Hy oor alles, selfs die dood, heers. Daarom moet ons Sy Naam afsonder, erken en eer.
 
Wat beteken die tweede bede – Laat U koninkryk kom? (HK v&a 123)

Jesus gebruik twee woorde baie – Vader en Koninkryk. God is die Koning van alle konings en Sy ryk omvat alles en almal. Hier word ruimte geskep vir ons eie hart, lewens en gemoedere om onder God se Woord en Gees te wees – Sy koninkryk leef in ons. In Jesus Christus het God Sy almag geopenbaar, die mag van die duiwel verbreek en die ryk van die duisternis en sonde tot niet gemaak. Hierdie Jesus roep elke gelowige om deel te wees van die kerk, daarvoor te bid, Sy Woord te ken en daarvolgens te lewe.  Die kerk se werk is nog nie voltooi nie en moet voortleef totdat Hy weer kom.
 
Vandag is Hemelvaart. Ons kyk saam met die dissipels vandag op na ons Here. Die Engele praat dus ook met jou vandag wanneer hulle sê: waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het. Kom ons erken vandag Sy Naam en gaan leef as koninkrykskinders!
 
Seënwense,
Andrè

                                                           

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...