Onse Vader- Verduidelik.


Wat beteken die eerste bede – Laat U Naam geheilig word ? (Heidelbergse Kategismes vraag & antwoord 122)

Die Here se Naam staan sentraal. God se heiligheid sluit sy Naam en Wese in. Die woord heilig beteken om ‘af te sonder’. God alleen moet geroem en geprys word, omdat Hy Hom aan ons bekend gemaak het as die enigste God wat met ons en hierdie wêreld besig is – Hy het sélf aan die kruis geopenbaar dat Hy oor alles, selfs die dood, heers. Daarom moet ons Sy Naam afsonder, erken en eer.

Wat beteken die tweede bede – Laat U koninkryk kom ? (HK v&a 123)

Jesus gebruik twee woorde baie – Vader en Koninkryk. God is die Koning van alle konings en Sy ryk omvat alles en almal. Hier word ruimte geskep vir ons eie hart, lewens en gemoedere om onder God se Woord en Gees te wees – Sy koninkryk leef in ons. In Jesus Christus het God Sy almag geopenbaar, die mag van die duiwel verbreek en die ryk van die duisternis en sonde tot niet gemaak. Hierdie Jesus roep elke gelowige om deel te wees van die kerk, daarvoor te bid, Sy Woord te ken en daarvolgens te lewe.  Die kerk se werk is nog nie voltooi nie en moet voortleef totdat Hy weer kom.

Vandag is Hemelvaart. Ons kyk saam met die dissipels vandag op na ons Here. Die Engele praat dus ook met jou vandag wanneer hulle sê: waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.  Kom ons erken vandag Sy Naam en gaan leef as koninkrykskinders!

Seënwense, 
Andrè
 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...