Onse Vader

 

Mattheus 6
 
In Matteus gee ons Here Jesus vir ons ‘n raamwerk van hoe gelowiges hulle geloof kan uitleef. In verse
9-13 leer Hy ook hoe om te bid – die Onse Vader gebed. Die Kerk het dan ook hierdie gebed gebruik om ons te leer hoe om ons verhouding met God te verdiep. Die gevolg – deur die eeue heen is vele gelowiges deur gebed geïnspireer, gemotiveer, beskerm en versterk in die geloof.
 
Wanneer ons na die groter gedeelte kyk, waarvan Matteus 6:9-13 deel is, dan besef ons dis deel van die bergrede.  Die bergrede is Jesus se belangrikste prediking waarin Hy die mense geleer het oor verskeie onderwerpe. Gebed vorm egter die kern van Jesus se boodskap – ‘n aanduiding van die belangrikheid en noodsaaklikheid daarvan vir elke gelowige.
 
Die eerste reël van die Onse Vader is waar God aangespreek word – “Ons Vader wat in die hemel is…” Die doel met hierdie aanspreking is om God te erken as ons Here. Dit vorm die basis van ons gebed en is beduidend op die gesindheid en karakter van ‘n egte gesprek met God. Jesus wil ons leer om te bid, sodat ons gebed nie net woorde is nie, maar sodat ek en jy gebed kan leef.
 

Ons Vader wat in die hemel is,
laat U naam geheilig word.
Laat U koninkryk kom,
Laat U wil geskied op die aarde,
laat U wil geskied in my hart,
my lewe, my dorp, my huis,
my verhoudings, my werk
soos in die hemel.
Aan U behoort die mag en die heerlikheid.
Amen.

Seënwense,
Andrè


                                                           

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...