Gebed

 

1 Timoteus 2
 
In ons vorige erediens het ons gesê dat elkeen se uitdagings anders lyk.  Hoe moet ons as Christen gelowiges leef? Hoe moet ons leef teenoor mekaar? Hoe moet ons leef teenoor die wêreld en sy mense? Hoe moet ons leef teenoor die owerheid en ander mates van gesag? Deur ‘n aktiewe gebedslewe  leef ons biddend teenoor die wêreld en in die wêreld, die owerheid, alle mense en magte.

Ons gebede is ‘n naderkom na God ter wille van mense, magte en die wêreld. Ons gebede is ‘n opdra van God se werkende liefde. Ons gebed is ‘n gewilligheid tot diens in God se groeiende koningkryk. Dit gaan daarom dat ons alles voor God se genade en heil neersit. Die gebed vir alle mense, en selfs die owerheid, bely God se genade wat in Christus se bloed gestalte kry. So leef en getuig ons teenoor mekaar, maar ook teenoor alle mense en magte voor God.

Dit is ons opdrag, vanuit ons verlossing in Christus, dat ons in ons huis en erediens vir alles en almal bid. Deur ons inklusiewe gebedslewe sien die wêreld dat ons priesters is in God se genade. Die fondament waarop ons knieë rus, is God se hand van genade wat Christus die losprys maak vir die sonde. Op ons knieë, biddend vanuit God se genade verkondiging ons Christus se verlossing.

(met gedeeltelike erkenning aan Dr C Pretorius)

Seënwense, 
Andrè


                                                           

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...