Jesus se kruisdood

 

Jesaja 53:4-11
 
Voorspoed is ‘n bate wat vreugde bring. Teenspoed is ‘n las wat swaarkry bring. Om ‘n las in die lewe te dra is ‘n negatiewe ervaring wat geen bate of lewensvreugde bied nie. (Ds FJ nortje)  
 
Jesus se kruisdood is die las wat Hy vir die mens se smarte moes dra. Hy is soos ‘n melaatse verwerp, misdadiger geslaan en verraaier gekruisig. Juis deur Jesus se lyding en las word Hy die kneg van God wat die mens met die Vader versoen.
 
So verander God se vergifnis die mens se swaarkry in hoop en vreugde. So verander God se genade ons las in ‘n bate. So verander God se goedheid jou teenspoed in sekerheid van God se nabyheid en lewensvreugde.
 
Seënwense,
Andrè


                                                           

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...