Jesus se kruisverhaal

 

Romeine 5:18-21
 
Soos klip-gooi in ‘n spieël gladde meer rimpelings veroorsaak, so het alle aksies ‘n impak en gevolg. Ons sien dit vandag duidelik met ‘Brexit’, ‘global warming’ en ‘mense regte’. Jesus se koms het so ‘n impak op die Jodedom van sy tyd gehad. Sy onderrig en kruisdood het dit verder laat strek na die hele wêreld van daardie tyd.
 
Jesus se kruisverhaal het drie ‘partye’ wat in wisselwerking rimpelings veroorsaak. Die eerste is die mens – Adam. Sy sonde het die mens se verhouding met God geskend en het tot vandag ‘n impak op ons lewens. Die tweede party is Jesus Christus. Hy het op Golgota aan die kruis self Adam – die mens – se straf gedra. Die derde party is die Heilige Gees wat geloof in ons bewerkstellig. Dit is belangrik om te onthou dat Jesus se verlossingswerk saamloop met werk van die Heilige Gees – Hy werk in en tot en deur ons.
 
Die vraag vandag is eenvoudig: Watter gevolg het die Paasboodskap in ons lewens? Ander gestel: Watter rimpelings het Jesus se kruisgebeure in jou lewe en diegene wat dit aanraak?  
 
Seënwense,
Andrè


                                                           

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...