Neem jou kruis op!


Johannes 19: 17-27
 
Jesus se kruiswoorde gee vir ons ‘n skrefie insig tot Sy intense lyding aan die kruis. Dit was ‘n dag waarop Hy verraai, gemartel, verwerp en gespot is – dit was ‘n dag van pyn en eensaamheid. Jesus roep ons op om ons kruis in die lewe op te neem. In die moeilike dae in ons lewens, het Sy kruiswoorde betekenis vir ons elkeen.

Terwyl Jesus aan die kruis hang, sien Hy sy moeder en die dissipel vir wie Hy baie lief was. Wanneer Jesus vir Maria sê “Daar is u seun”, bedoel Hy dat die liefling dissipel van daardie oomblik af Jesus se plek moes inneem. Die lieflingdissipel moes vir Maria beskerm en versorg – dit word bevestig met die woorde “Daar is jou moeder”. Van daardie dag af het die lieflingdissipel aanspreeklikheid aanvaar vir haar versorging. Al ondergaan Jesus die bitterste pyniging denkbaar, maak Hy steeds seker dat die wat naby Hom is, steeds versorg sal word.

Komende Sondag is Moedersdag. ‘n Dag waarop ons dank bewys aan ons moeders en hul lewens waarin hulle ons versorg en opgebou het. Moederskap is soveel meer vir baie van ons en  hierdie is ‘n dag vir al die vroue wat hul met ons bemoei het. 

Die kern van Jesus se opdrag gaan verder – ons moet ons kruis opneem. Ons moet Jesus se opdrag aan die lieflingdissipel self opneem. Ons moet omsien na die liggaamlike en geestelike welstand van die mense naby aan ons.
(met gedeeltelike erkenning aan Ds EG Fourie)

Geseënde lydensweek.
Andrè

 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...