Lydenstyd.


Op die 14de Februarie het lydenstyd (‘Lent’) begin.  Dit is die tyd in die kerklike jaar wanneer ons in diepte kyk na Jesus se lyding wat Hy verduur het in die weke voor sy kruisiging.

In drie van die vier Evangelies word melding gemaak van ’n paasmaaltyd wat Jesus saam sy dissipels genuttig het kort voor sy lyding begin het. Die dissipels se vraag aan Jesus: Waar wil U hê moet ons gaan regmaak vir U om die paasmaaltyd te eet? (Matt 26: 17b). Die woorde vir U maak dit duidelik – dit is Jesus se paasfees. Jesus se volgende opmerking versterk die boodskap: My tyd is naby... (Matt 26: 18b). Die paasfees wat Jesus saam met sy dissipels vier, is die begin van die einde van Jesus se werk op aarde. Daarna het sy lydenspad begin. 

Die gebruik om saam met iemand te eet, het in die Bybelse tyd ’n baie sterk simboliese betekenis gehad deur op ’n besondere wyse jou verbondenheid met mense uit te druk. Hierdie ete saam met Jesus se getrouste volgelinge, dui op sy simboliese eenwording met hulle en die oordrag van die werk wat Hy op aarde begin het. 

Vandag vier ons elkeen steeds die Paasmaaltyd saam. Ons herinner mekaar aan ons ‘een wees’ met Jesus. So onthou ons dat Hy aan elkeen van ons, soos aan die dissipels destyds, die voortsetting van sy werk hier op aarde opdra en oordra. Die woorde in Matteus vind dus gereeld sy herhaling in ons lewens: In jou huis wil Ek saam met jou die paasmaaltyd hou... (Matt 26: 18c).
(met gedeeltelike erkenning aan Dr Gerhard Nel)

Geseënde week.
Andrè


 
 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...