Bewyse van geestelike program

 

Die sukses van ons Geestelike Oefen Plan gaan hand-in-hand met ons uitvoering daarvan.  Die boek van Jakobus maak dit baie duidelik.  In hoofstuk 2:14-16 gebruik Jakobus vir Abraham, ons geloofsvoorvader, as ‘n voorbeeld…

Ons voorvader Abraham het sy seun Isak op die altaar gelê. Is dit nie op grond van wat hy gedoen het dat God hom vrygespreek het nie? Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaard gegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het. So is die Skrif vervul wat sê: “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek,” en hy is 'n vriend van God genoem.

Ek wil jou uitnooi en uitdaag om vandag, more, volgende week, -maand en in die jare wat kom jou geloof te staaf met jou dade. Woeker met die Koninkryk van God. Vertrou op die Heilige Gees om jou te lei. Versterk jou kennis deur die Bron en Woord van God. Spandeer elke dag voldoende tyd om te bid…te luister…God se wil te ken.

Vandag se besluite is in jou hande. Môre is in God se hande. Lewe soos ‘n wyse mens.

Soli Deo Gloria – Al die Eer aan God!

Seëngroete,
Andrè


                                                           

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...