Kom oefen saam!


2018 is skaars onderweg en dit voel of ons al vêr die jaar in is.  In die gesondheidswêreld praat hulle van “fatigue” – om moeg te wees en nie voldoende energie te hê nie.  Ja, net 10 dae is verby en baie van ons voel of ‘n volgende breuk en vakansie nie meer te lank moet wag nie.  Voor ons dit besef, lê komende sake en die onbekende van die nuwe jaar soos ‘n berg voor jou en my.

Die Woord van God sê ons hoef  nie te vrees, bekommerd of onseker te wees nie. Die Psalm digter bevestig dit:
 
Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. 
As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op.

 
En hy getuig ook:
 
Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek 'n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie. 
Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente: met sy nageslag sal dit goed gaan. (Ps 37:23-26)

Elke mens is in hulle diepste wese geestelik, op een of ander manier.  Ons elkeen is op ‘n geestelike pad en reis.  Die vraag om vandag te vra is:  Is jy tevrede met die geestelike pad waarop jy is? …Is die Here tevrede met die lewenspad waarop jy is?

Aan die begin van 2018 gaan ons saam ondersoek instel oor: my Geestelike Oefen Plan – Watter sake en gewoontes is noodsaaklik vir my geestelike pad, reis en verhouding saam met die Here.  Daarom is ons erediens temas oor die volgende paar Sondae soos volg:

Sondag  21Januarie 2018 – Sterkste geestelike beginpunt – Matteus 7
Sondag  4 Februarie 2018 – Bron van geestelike energie – Psalm 119
Sondag  18 Februarie 2018 – Vereiste vir geestelike groei – Filippense 2
Sondag  4 Maart 2018 – Bewyse van geestelike program – Matteus 25 en Lukas 2

KOM OEFEN SAAM!  Kom ondersoek, leer en leef jou reis saam met ons op die bogenoemde Sondae by Alderbrook skool, Solihull, B91 1SN.  Sien jou daar!

Soli Deo Gloria !Al die Eer aan God!
Andrè

 
 
 

 

Vorige Briewe 

Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...
Wie is die Here van my lewe?
Alles is in Hom, deur Hom en tot Hom. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
Om God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...