Oppad vanaf die stal.


Na die magiese besoekers uit die Ooste aan Jesus hulde gebring het is hulle terug na hulle land. God waarsku hulle in ‘n droom om ‘n ander roete te volg (Matt 2:12) en hulle gehoorsaam die God wat hulle nie geken het nie, maar leer ken het in die krip.

Dit is duidelik uit Matteus se weergawe van Jesus geboorte, dat die heidene sy ster van vêr af – uit die Ooste – herken het. Die elite van die destydse heidendom het aan Hom luukse geskenke gebring omdat hulle hom erken het as koning. Dit alles terwyl die Jode – wat die Messias verwag het – Hom nie herken of erken het nie.

Ons het nounet die Christusfees gevier. Ons is vandag oppad vanaf die stal na ‘n lewenspad waarin God se Lig skyn en ‘n werklikheid is. God verskyn dalk nie in ‘n droom vanaand of more aand aan jou nie, maar Hy rig jou. inteendeel Hy het sy Seun, Gees en Woord vir jou gelaat en gee dit vry;ik aan jou om jou lewe te rig.

Waarheen gaan jy? Gaan jy terug na die land van ongeloof en blindheid; of volg jy sy stem, woord en wil?

Gebed:  Here God praat met my. Here Jesus leer my. Here Heilige Gees versterk my. Amen

Groetnis
Andrè

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...