KERSSANGDIENS

 
Eerskomende Sondag, 26 November om 09:00 vind Loughton se KERSSANGDIENS plaas. Ons tema hierdie jaar is “LIG”.  Ons wil jou en jou familie en vriende uitnooi om saam met ons te kom lofsing en kuier! Onthou asseblief die volgende reëlings:

1. Die Kerssangdiens is 09:00 by ons nuwe venue: Loughton Baptist Chruch, 92 High Rd, Loughton, IG10 4QU.

2. Tydens die erediens samel ons die gebruiklike KONINGSOFFER in waarvan die helfte oorbetaal word aan 'n liefdadigheids organisasie in Suid-Afrika. Die ander helfte word dan aan plaaslike organisasies geskenk. Verlede jaar se Koningsoffer is oorbetaal aan 'Mobile Evangelisasie Tente in S.A, Loving by Giving en Agape; en die Abraham Kriel Kinderhuis in Suid-Afrika.

3. Na die Kersdiens kuier ons saam. Daar gaan 'n baie spesiale vinger-ete wees.

4. Al ons KINDERS word uitgenooi om soos Bybelkarakters aan te trek, en is deel van ons kers program. 

Sien jou Sondag!

 

 

Vorige Briewe 

Die prys van woorde
God het nie net gepraat oor onvoorwaardelike liefde, vergifnis en verlossing van die wêreld nie, Hy het dit tot uitdrukking laat kom deur Sy Seun Jesus Christus. Laat toe dat Hy gehoor word in elkeen van jou woorde. More ...
Die Woord as Waarheid
Volgens Calvyn gee die Skrif ons 'n reddende kennis van God, maar slegs wanneer die sekerheid daarvan "gegrond is op die innerlike oortuiging van die Heilige Gees." More ...
Jesus se Woorde
Jesus se eerste woorde van Sy opstanding was net buite die leë graf. Ons lees daarvan in Johannes 20 waar Maria Magdalena na Hom gaan soek het. Sy was in trane, omdat Sy Hom nie kon kry nie, toe Jesus met haar praat. More ...
Die kleur van vergifnis
God is die bron van die volkome Lig wat ons lewe rig. Ons lewens-waarde lê in Hom wat deur ons skyn na die wêreld. Die wêreld word gevul met ‘n reënboog van kleure omdat God se verlossende Lig elkeen op ‘n unieke manier bereik en bevry. More ...