Wanneer herinnering verwagting word 



Teks: “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon.” – Johannes 1:14 (AFR83)

 
Sondag begin Advent. Die tyd van voorbereiding, verwagting en verwondering oor die koms van Jesus Christus.

 
Die Engelse digter Christina Rossetti (1830–1894) het die wonder van Kersfees in 'n paar eenvoudige, maar besonder treffende woorde vasgevang:

Love Came Down at Christmas

Christina Rossetti (1885)

Love came down at Christmas,
Love all lovely, Love Divine;
Love was born at Christmas,
Star and Angels gave the sign.

 
Dis 'n pragtige gedagte: Liefde het na ons toe gekom.

Dwarsdeur November het ons teruggedink aan mense, gebeurtenisse en herinneringe wat ons lewens gevorm het. Nou draai ons gedagtes na die wonderlikste herinnering van almal: God se liefde wat in Jesus Christus mens geword het.

Advent nooi ons om meer te doen as om net weer die bekende Kersverhaal te onthou. Dit nooi ons om met verwagting te leef, ons harte vir Christus oop te maak en sy liefde ook met ander te deel.

Want die mooiste manier om God se liefde te onthou, is om vandag daaruit te leef.

Kom ons bid:  Here, dankie dat u liefde in Christus na ons toe gekom het. Berei ons harte voor om Hom met geloof, vreugde en verwondering te ontvang. Amen.
 
🎄 Kom vier die wonder van Kersfees saam met ons!

Ons sien uit na ons besondere Kerssangdiens Sondag 13 Desember in Theydon Bois. Nooi gerus ook familie en vriende saam!

Andre


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Daar is iets besonders aan Sagaria se loflied. Terwyl hy God se groot dade deur die geskiedenis besing, draai hy skielik na sy pasgebore seuntjie, Johannes. En dan spreek hy hierdie aangrypende woorde (hierbo) oor sy kind se toekoms uit. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...